INLIGTING
Tuis Kontak Inligting Kalender Finansies Projekte en Feeste Foto's Belangrike Dokumente Opedag Gr R & 1 Grondslagfase
 
 GESELS SAAM
Blog
 
 VOORSKOOL
Program Omsendbriewe Kontak Inligting
 
 LAERSKOOL
Boodskap van die Hoof Bestuur Geskiedenis Leerlingraad Akademie Dienste & Fasiliteite Skooldrag Sport Kultuur Omsendbriewe
BOODSKAP VAN DIE HOOF


Ons Hoof - Mnr. P. Strydom

Volkskool het sy ontstaan te danke aan 'n droom van 'n klompie mense wat na die Vryheidsoorlog in 1902 besef het daar is 'n groot behoefte om die Afrikaner kinders 'n opvoeding te gee. Skool is dan ook begin in die kerk se Kelder . Vanaf 1903 tot in 2011 het Volkskool aan die droom bly groei en is vandag beslis een van die bakens in ons Land se geskiedenis.

Om as hoof van so 'n pragtige tradisievaste skool te staan, is werklik 'n wonderlike geleentheid. Maar saam daarmee, bly ons droom van die skool dieselfde droom as wat in 1903 tot die stigting van Volkskool gelei het. Christelike beginsels en nasietrots is ononderhandelbaar.

Ons droom vir Volkskool is om 'n skool daar te stel waarin kinders die geleentheid het om te ontwikkel tot volwaardige burgers van ons Land. Kinders moet hier die geleentheid hê om hul talente te ontwikkel, maar ook om kernwaardes te vorm. Waardes soos respek, eerlikheid, vriendelikheid en opregtheid moet deel vorm van hul paadjie in Volkskool. Ons droom vir Volkskool se leerders is om eendag te kan terugkyk en weet dat Laer Volkskool deel was van hul toekomsdrome. Die dag as 'n leerder Laer Volkskool verlaat, moet hy of sy weet hul was bevoorreg om in 'n skool soos Volkskool hul loopbaan te kon begin.

Ons droom vir Volkskool is om 'n ouergemeenskap daar te stel wat met vrymoedigheid by die skool besoek kan aflê en hul behoeftes kom bespreek. 'n Ouergemeenskap wat deel vorm van hul kind se opvoeding vir sewe jaar in die laerskool. Ouers wat trots is op hul skool en hul skool se belange op die hart dra. 'n Ouergemeenskap wat betrokke is en Baie belangrik ……. Om u kind se sewe jaar in die laerskool ten volle saam met hom/haar te geniet. Wees deel en ervaar Volkskool ten volle saam met u kind.

Ons droom is om 'n personeelkorps daar te stel wat met passie en genot elke dag aanpak. Onderwysers wat leef vir hul roeping en die geleentheid kry om hulself ten volle te kan uitleef in hul beroep. Ons droom om vir personeel die geleentheid te gee om somtyds die skool by die skool te los en hul gesin eerste te stel. Ons gaan sorg dat ons personeel die beste geriewe en geleenthede gegee sal word om hul taak so te kan uitvoer dat ons kinders by dit kan baat.

Ons droom is om 'n skool daar te stel waarin tradisies 'n kenmerk is van Laerskool Volkskool. Ons Geboue bied hom skitterend daartoe om geleenthede te skep waarin ons leerders unieke tradisies kan beleef. Ons ryke geskiedenis van Laer Volkskool Heidelberg is uiters belangrik en dit maak ons toekoms baie meer bereikbaar omdat ons weet waarvandaan ons kom. Ons mag nooit toelaat dat ons geskiedenis net verdwyn nie.

KOM ONS DROOM NIE NET NIE ............. KOM ONS LEEF ONS DROME
 
KALENDER 
 
FOTO ALBUM 


VOLKIES SOEK 
 
 
ONS TROTS 
Ons Skoolwapen
Ons Skoollied
 
ANDER SKAKELS 
Speel & Leer
Ontwerp en Instand gehou deur © Coffeebean Web Designs 2011. Foto's geneem deur Marie Strydom 0828558228.