INLIGTING
Tuis Kontak Inligting Kalender Finansies en Feeste Projekte Foto's Belangrike Dokumente Oud Volkies Gesels Opedag Gr R & 1 Grondslagfase
 
 GESELS SAAM
Blog
 
 VOORSKOOL
Program Omsendbriewe Kontak Inligting
 
 LAERSKOOL
Boodskap van die Hoof Bestuur Geskiedenis Leerlingraad Akademie Dienste & Fasiliteite Skooldrag Sport Kultuur Omsendbriewe
Wat Sê Oud Volkies Van Laer Volkskool?

Ek is 'n Heidelberger in murg en been. My skoolloopbaan op hierdie trotse dorpie het in 1986 by Laer Volkskool begin. Die bekwame en vriendelike onnies het my vinnig laat tuis voel.

Laer Volkskool Heidelberg het vir my die belangrike grondslag gelê om op akademiese- sowel as sport- en sosiale gebied te ontwikkel. Die breë spektrum geleenthede wat die skool bied en belangstelling van die onderwysers, het daartoe gelei dat ek as 'n jong mens 'n voorsprong gehad in my ontwikkelling om myself op elke terrein te laat geld.

Ek het die Laer Volkskool Heidelberg se eerste spanne met trots verteenwoordig op die atletiekbaan, rugbyveld, krieketveld, revue, voordrag, asook op die leerlingraad in my graad 7 jaar. My beste herrinnering aan my Laerskoolloopbaan is ons rugbyspannetjie wat van O/9 deur Mnr Jordaan afgerig is, en elke jaar deurgedring het na die finaal van die kampioenskap. Met lekker jaarlikse rugbytoere en goeie afrigting is hier ook die grondslag gelê vir my toekomstige proffesionele rugbyloopbaan.

Vanaf Laer Volkies is ek in 1994 na die Hoër Volkskool Heidelberg, waar ek matrikuleer het in 1998. Op Hoër Volkies is dieselfde gespesialiseerde opleiding wat ek op Laer Volkies ontvang het, voortgesit op elke gebied. Ek het ook die Hoër Volkskool Heidelberg verteenwoordig op sport en akademiese gebied. Ek was in my matriekjaar ook tot onderhoofseun verkies.

Na Hoërskool is ek na die Universiteit van Pretoria waar ek my graad in Elektriese Ingenieurswese verwerf het. Dit is dan ook op Universiteit waar ek my proffesionele rugbyloopbaan 'afgeskop' het.

Ek het die Blou Bulle verteenwoordig op Vodacom- sowel as Curriebeker vlak. Hierna het ek die Cheetahs verteenwoordig op Curriebeker en Super14 vlak, met die hoogtepunt die Curiebekerfinaal in 2006. Van daar is ek na Italie waar ek steeds vandag my professionele rugbyloopbaan voortsit.

Ek bedank graag Laer Volkies vir hul bydrae tot my menswees en elke sukses wat ek behaal.

Volkie-groete,

Bian Vermaak

Ek is 'n beleggingsbestuurder/finansiele analis by Royal Bank of Scotland in London. Ek was in Laer Volkskool van 1984 tot 1990,en toe in Hoër Volkskool van 1991 tot 1996. Matriek - 6 onderskeidings en onderhoofseun. Toe Universiteit van Pretoria toe, B. Ing (Elektries) en M. Ing (Elektronies) geswot, in Mopanie koshuis gewees. Toe London toe gekom.

Met al die ondervindinge wat ek opgedoen het, beide op Universiteit en in London, is daar 2 dinge wat vir my uitstaan van Laer Volkskool. In die eerste plek, dat dit 'n absolute voorreg is om te kan skoolgaan in 'n dorp waar mense vir mekaar omgee, en waar daar 'n gemeenskap is waar binne jy kan groot word. Die wêreld is groot en ongenaakbaar, maar die warmte van 'n plattelandse skool vorm jou persoonlikheid, jou ideale en jou menswees.

Die tweede ding wat ek ervaar het, is dat die onderwys wat ek by Laer Volkskool ontvang het, wêreldklas is, en vir geen ander skool hoef terug te staan nie. Dit het my die fondasie gegee om selfs in London te kan meeding, en my man te staan tussen die bestes in die wêreld.

Trotse oud Volkie!
Rademeyer Vermaak

Van die eerste dag wat my ma my in trane by die skool afgelaai het, het ek tuis gevoel. Laer Volkskool was vir my soos 'n tweede huis, 'n familie.

Ek kon altyd met enigiemand van die Hoof, Onderwysers tot die gawe Tannies in die kantoor gesels en hul vrae vra. Ek kon myself wees en uitleef op alle gebiede en deelneem aan soveel aktiwiteite as wat ek wou.

Dankie dat ek so tuis kon voel en vir al die ondersteuning!

LAER VOLKSKOOL IS DIE BESTE!

Hoofmeisie Hoërvolkskool 2010

Natasha Botha

Ek was gelukkig om klein Volkies as my familie te gehad het vir sewe goue jare in my lewe.

In die Hoërskool het ek die waardes en lewenslesse wat ek in die Laerskool geleer het, begin gebruik en die vrugte daarvan gepluk.

Ek het op akademiese vlak die Top 10 gehaal, Provinsiaal koor gesing en gholf gespeel. Ek kon met trots leiersposisies as CSV Voorsitter, netbal spankapteine, skoolkoerant redakteur en jeugkoor hoofleier beklee.

In 2006 is ek en my mede Laer Volkskool leier, Willem van Heerden, aangewys as Volkie Dogter en Seun van die jaar.

Na skool is ek gekeur as een van 15 binne argitekte landwyd wat my graad by Tukkies se berugte Boukunde fakulteit kon doen.

As ek nie van die begin af deel was van 'n familie met die regte beginsels en waardes soos my familie by klein Volkieland nie, sou ek nie vandag die lewe kon aanvat en kans gesien het om met soveel vuur en passie aan my eie "familie" te kon bou nie. Al sluit hulle 'n paar viervoetige gediertes in.

Dankie aan elke liewe maatjie, juffrou en afrigter wat deel gehad het in my tyd by Laer Volkskool. Die ou plek met sy rooidak geboue en grasgroen rugbyvelde sal altyd my hart se punt bly.

Loylyn Snyman


 
KALENDER 
 
FOTO ALBUM 


VOLKIES SOEK 
 
 
ONS TROTS 
Ons Skoolwapen
Ons Skoollied
 
ANDER SKAKELS 
Speel & Leer