Jaarlikse Volkie Projekte en Feeste |
 |
Kultuuraand - Februarie
Junior Atletiek - Maart
Wildsfees - Junie
Leesfees - Julie
Vertoning Rooikaart met Frank Opperman - Augustus
Noot vir Noot - September
Varkkunstefees - September
Volkie Entrepeneurs - Okt / Nov
Waterkaskenades en Volkiekamp Nov / Des
|
 |
Elke jaar in Februarie word Heidelberg en sy inwoners bederf met 'n spoggeleentheid waarin top kunstenaars genooi word om hulle te kom vermaak.
Dit is 'n formele, deftige aand met 'n aansit, drie-gangmaaltyd. Dit is 'n pragtige geleentheid wat u nie kan misloop nie.
Net om 'n paar kunstenaars te noem wat reeds opgetree het: Jannie Moolman, Danie Niehaus, Mathys Roets en Juanita du Plessis.
|
In Volkieland is dit diè dag waarop jou hart en gevoelens beslis buite op die veld rondhardloop.
ALLE VOORSKOOLSE MAATS WAT 3 TOT 6 JAAR OUD is van Volkieland en al die omliggende kleuterskole, hou hul lyf atleet EN IS WELKOM OM TE KOM DEELNEEM. Hulle hol (partykeer meer mammas en pappas as kinders) en neem deel aan die prettige hindernisbane en sakresies.
Natuurlik is daar pryse en belonings! En heerlike smulkos en verversings!
ALLE OUPAS, OUMAS, MAMMAS EN PAPPAS - BRING JUL KLEINGOED VIR HOPE PRET EN PLESIER! Sien u daar!
|
Op 31 Augustus 2011 bied Laervolkskool 'n vertoning genaamd Rooikaart aan met Frank Opperman.
Kaartjies is by die skool beskikbaar. Skakel gerus 016 341 6216
|
Op 1 September 2011 bied Laervolkskool 'n Noot vir Noot aand aan.
Skakel die skool by 016 341 6216 vir meer inligting.
|
|
Heidelberg Varkkunstefees 2 & 3 September 2011 |
|
Die Varkkunstefees vind op die 2de en 3de September 2011 in Heidelberg plaas. U gasheer Laer Volkskool sien uit daarna om u te verwelkom. Soos vorige jare, beloof dit weer 2 dae vol pret en plesier. Bekende kunstenaars soos Elizma Theron, Arno Jordaan, DJ Ossewa, Gerrie Pretorius, Pieter Koen, Sorina Flooze, Kurt Darren en nog vele ander gaan optree.
Toegang: R60 per volwassene en R40 per kind.
'n Pretfietswedloop in samewerking met Heidelberg Cycling word vir die kinders (Voorskool tot Grd 7) aangebied by die Varkfeesgronde (Hoër Volkskool). Die wegspringplek is by die Hoofhek van Hoër Volkskool. Inskrywings vanaf 8:00vm tot 8:30vm. Die Voorskoolse kinders spring eerste weg om 8:30vm waarna die Grd 1-3 kinders en daarna die Grd 4-7 kinders sal wegspring. Navrae: 082 876 7637 Sonja/ 084 206 8902 Christa
Kontak Persone:
Algemene Navrae: Hendrik - 082 555 0442 of Sonja - 082 876 7637
Stalletjies: Ria - 083 564 1589
BESIGTIG OF LAAI PROGRAM HIER AF
Kyk hier na 'n video van 'n vorige Varkkunstefees
|
|
LEES IS ‘N FEES by Volkieland! |
|
Volkies het hul eerste Leesfees in 2010 gehou wat alle verwagtinge oortref het.
Wat ‘n fees was dit nie om kinders met hul neuse in boeke te sien rondloop nie. Van die ‘luiste’ tot die ‘ywerigste’ lesertjies is geïnspireer om meer te lees! Hulle het ook geskryf, gedig, voorlesings en navorsing gedoen om net ‘n paar goed te noem!
Ons het natuurlik eksterne hulpbronne ook ingeroep! Uittreksels uit verskeie boeke is deur Boekbuddies gebruik om die Juniors te vermaak terwyl die skrywer Jaco Jacobs en sy gril, ril stories die grotes behoorlik aan die lees gesit het!
En die mamma’s moes bontstaan met hul beursies! Sjoe, want die kinders wat nie reeds boekpryse vir al hul skrywers en skeppingswerke ontvang het nie, wou hê dat mamma dadelik by Tannie Amour van Lapa Uitgewers boeke koop.
Sy moes sommer ‘n paar dae uitstal, want ons kinders wou boeke koop nie lekkergoed nie! Kan jy dit glo? Hou dop. Ons maak weer so in 2011.
|
|
|
|
|
|
|
Volgens 'n Volbloed Volkie - "Die beste ding wat jy kan doen in Volkieland." Novembermaand na die eksamen, is almal se gô behoorlik uit.
Al die Volkies kan nou uitspan en ontspan.
Tydens daardie skooldag word daar waterkaskenades gehou. Reuse waterspringkastele, glybane, "gladiators" en "rockets" laat die kinders behoorlik toustaan.
Van 4 uur die middag af is dit tent opslaan. Allerande eetgoed, drinkgoed en slaapgoed word aangery deur entoesiastiese ouers wat saam met hul kinders uitsien na hierdie aand.
Daar word gehol en gejol tot laat. Meisies en seuns tente NATUURLIK APART en OUER EN ONDERWYSER TOESIG REG DEUR DIE NAG!
Dan is dit ligte af en slaap of spookstories vertel vir die bittereinders! Ouers kan ook oorslaap as hul nie te bang is nie!?.... HOOP ONS SIEN JULLE DAAR!
|