|
|
Skoollied
(Phillip Langenhoven en Stephen Eyssen - 1946)
Die Volkskool staan in Heidelberg
se ruime hart gebou.
Waar die Suikerbosrand aan die Westekant
sy stille brandwag hou.
Trots oorlogsnood en dwinglandy,
gebrek se donker wolk,
Was ons ideaal soos ‘n ligtende straal:
vrees God en dien jou volk
Die God van onse Vad’re sal ons
ook in liefde dra,
Waar ons ons verpand vir ons skool,
Volk en Land
Ons land Suid Afrika.
|
|
|