|
|
ONS SKOOLWAPEN
Die Skool se wapen is ontwerp deur P.K. Minnaar in 1963 en bestaan uit die kleure groen, geel en wit. Die Leuse "Vir God en Vaderland"; is opsigself baie beskrywend en dui op die erns waarmee die opvoeding van ons kinders opgeneem was en steeds opgeneem word.
- Die groen simboliseer die uitgestrekte vlaktes van ons vaderland.
- Geel simboliseer ons grond met al sy verborge rykdomme.
- Wit is ons strewe na beter opleiding vir ons kinders.
- Die Kruithorings simboliseer die volk se opoffering van lewens tydens die tweede vryheidsoorlog.
- Die suikerbosse verteenwoordig die Suikerbosrand wat ons dorp gedeeltelik omvou en is ook die simbool van ons dorp.
- Die Kerktoring simboliseer die rol wat die afrikaanse kerke gespeel het in die stigting van 'n eg-afrikaanse skool vir ons volk.
"Vir God en Vaderland"
|
|
|